Werkloosheid en wapens – Amushelelo het eerste daarvan melding gemaak

President Hage Geingob het tydens sy staatsrede beken dat jeugwerkloosheid ‘n krisis is maar sê ‘n noodtoestand is nie nodig in die verband nie. Hy het bygevoeg dat terwyl hy geen name wou noem nie, werkloosheid ernstig opgeneem moet word omdat die jeug gewelddadig kan raak.

Geingob het gesê hy wou nie name noem nie, maar die omstrede arbeids-aktivis Michael Amushelelo het aan die einde van Februarie gesê as wapens nodig is, sal hulle gebruik word.