Pampoentjies aan die kus bevestig

‘n Tweede uitbreking van pampoentjies is bevestig, die keer by die JP Brandt Laerskool by Utuseb, ongeveer 50 kilometer van Walvisbaai. Die vorige uitbreking is vroeg in Maart by die Laerskool Oshakati-Wes op Oshakati, bevestig. JP Brandt se skoolhoof Anna Mildred Josti het aan plaaslike media bevestig dat 12 gevalle in Februarie aangemeld is, met nog gevalle daarna. Die skool het 272 leerders. Erongo se onderwys-inspekteur Ernfriede Stephanus, sê verskeie gevalle van pampoentjies is ook by ‘n handvol skole op Swakopmund bevestig. Daar is kommer deur gesondheidsowerhede uitgespreek oor die impak van die pandemie op roetine inentings regoor die wêreld, en Namibië blyk om geen uitsondering te wees nie.