Werkloosheid dwing duisende om aansoek te doen vir ‘n paar poste

Skokkende tonele waar duisende mense opdaag vir ‘n handvol poste raak algemeen regoor die land. Dit het weer aan die kus voorgekom toe meer as 1 500 mense na die landelike kiesafdeling kantore in Walvisbaai opgeruk het na 13 vakante poste geadverteer is. NamWater het geadverteer vir 11 arbeiders en 2 operateurs vir ‘n projek by Rooibank. Nog voor die pandemie in Oktober 2019 het meer as 3 000 mense opgedaag vir 9 vakante poste vir skoonmakers by die Sentrale Hospitaal in Windhoek. Vroeër vanjaar het amper 500 mense in Omuthiya opgedaag toe een skoonmaker pos by ‘n skool in die streek geadverteer is.