Werkgewersvereniging in SA veg nog oor Covid-maatreëls

Terwyl die opheffing van die oorblywende Covid-maatreëls in Suid-Afrika uit verskeie oorde verwelkom is, sê die Nasionale Werkgewers-vereniging van Suid-Afrika dat hy nog nie klaar met die regering baklei het nie. Die organisasie sê hy gaan nou die Praktyk-kode vir die Bestuur van Covid-19 in die Werkplek in die hof uitdaag. Met die wegval van die maatreëls bly dié kode tans steeds van toepassing, en plaas dit ‘n verantwoordelikheid op werkgewers om werknemers teen infeksie te beskerm. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.