Italië A klop Namibië XV 43-21

Die rugyspan van Italië A het vanmiddag in die vriendskaplike internasionale wedstryd teen die Namibiese XV in die City Park-stadion in Athlone, Kaapstad met 43-21 geseëvier. Die rustydtelling was 22-7 in die Italianers se guns. Die Namibiese rugbyspan is tans by hul oefenkamp in Stellenbosch om voor te berei vir die Afrika-toernooi in Frankryk wat vanaf 1 tot 10 Julie sal plaasvind. Die Welwitschias kom op 1 Julie in Marseille teen die span van Burkino Faso te staan.