Wêreldkankerdag vandag herdenk

Die Kankervereniging van Namibië herdenk vandag saam met die internasionale gemeenskap Wêreld-kankerdag. Die tema vir vanjaar is “Close the care Gap: Uniting our voices and taking action.” Ongeveer 1,1 miljoen nuwe kankergevalle kom elke jaar in Afrika voor, met ongeveer 700 000 sterftes. Data-beramings toon ‘n aansienlike toename in kankersterftes tot byna een miljoen sterftes per jaar teen 2030, sonder dringende ingrypings. Kosmos 94.1 Nuus het met Tareekuje Tjiriange, die registrateur van die vereniging gepraat wat die syfers van kankergevalle in Namibië deel.