Wêreldkankerdag op 4 Februarie herdenk

Die Kankervereniging van Suid-Afrika en die Vereniging van Internasionale Kankerbeheer, nooi almal om op Wêreld-kankerdag, 4 Februarie, aan te sluit by ‘n veldtog om die gaping in kankersorg te laat krimp. ‘n Woordvoerder, Lucy Balona, sê in die nuwe drie-jaar veldtog word optrede bevorder om ongelyke toegang tot kankersorg aan te spreek. Sy sê die doel is om meer gelykheid in die voorsiening van gesondheidsdienste vir almal met kanker te bied, en slypskole sal ook gehou word.