Wêreldgesondheidsdag – daar is nie veel om te vier nie

Dit is vandag Wêreldgesondheidsdag. Die dag val vanjaar saam met die herdenking van die 75ste bestaansjaar van die Wêreldgesondheidsorganisasie. Maar, daar is nie veel om te vier nie. Covid het die tekortkominge in gesondheidsorg, nie net in Namibië nie, maar internasionaal, blootgelê. Terwyl daar vordering as gevolg van die pandemie is, dra armoede en drankmisbruik by tot plaaslike gesondheidsuitdagings. Net meer as 7 persent van Namibië se kinders lei aan akute ondervoeding met amper 23 persent wat onvoldoende groei aanteken as gevolg van voedseltekorte. Net minder as 2 persent van sterftes in die land is as gevolg van lewersiekte en suikersietke kom in 5 persent van die bevolking voor. ‘n Skokkende 46 persent van Namibiërs ly aan hoë bloeddruk. Fasiliteite skiet ook kort met ongeveer drie hospitaalbeddens vir elke 1 000 landsburgers.