Wêrelddag vir Vlugtenlinge herdenk

Namibië het by die res van die wêreld aangesluit om Wêrelddag vir Vlugtelinge te herdenk. Wêrelddag vir Vlugtelinge is ‘n internasionale dag wat jaarliks deur die Verenigde Nasies op 20 Junie vanaf 2001 herdenk word. Die aktrise Angelina Jolie het as spesiale VN-gesant oor vlugtelingkwessies besoek gebring aan ‘n vlugtelingkamp in Burkino Faso waar duisende ontheemdes van Mali gehuisves word. Margaret Kalo, hoofskakelbeampte van die Namibiese ministerie van binnelandse sake, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe belangrik dit is om dié dag te vier.