Vrou van Otavi se liggaam langs voertuig gevind

‘n Vrou van Otavi het na bewering selfmoord gepleeg toe sy haarself geskiet het. Volgens die Namibiese polisie is die 55-jarige Anna Cornelia Olivier se liggaam met ‘n skietwond langs haar voertuig gevind. Die voertuig was langs ‘n grondpad in die uitbreiding 4 woongebied gevind. ‘n Haelgeweer is ook op die toneel gevind. Geen selfmoordnota is deur die polisie gevind nie en die ondersoek duur voort.