Wêreldboere moet produksiemetodes, tegnologie bespreek

Die 2022 Wêreldboere-organisasie se algemene vergadering vind vanaf Dinsdag tot Vrydag in Boedapest, Hongarye, plaas. Die vergadering verteenwoordig ‘n unieke byeenkoms vir die wêreldwye boeregemeenskap. Hulle vergader om visies en idees te bespreek oor uitdagings en geleenthede wat die landbousektor op wêreldvlak kenmerk. Dr. Theo de Jager, die president van die organisasie het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die impak van die Russiese-Oekraïnse oorlog onder die loep sal kom. Wallie Roux, ‘n Namibiese landboukundige, sê nuwe produksiemetodes en tegnieke sal bespreek word om afhanklikheid op tradisionele markte te verminder…