Wêreldbevolkingsdag Maandag op Rundu gevier

Wêreldbevolkingsdag word jaarliks op 11 Julie gevier om aandag te vestig op die dringendheid en belangrikheid van bevolkingskwessies. Vanjaar se tema is “A world of 8 billion: Towards a resilient future for all – Harnessing opportunities and ensuring rights and choices for all”. Die wêreldbevolking sal na verwagting in November vanjaar agt miljard bereik. Op vanjaar se Wêreldbevolkingsdag sal die VN se Bevolkingsfonds in Namibië die jaarlikse Stand van Wêreldbevolkingsverslag 2022 bekendstel. Wêreldbevolkingsdag word Maandag vanaf nege-uur die oggend op Rundu by die konferensiesentrum gevier.  Dit sal voorafgegaan word deur ‘n optog om half-nege die oggend vanaf die Rundu-munisipaliteit.