SA polisieminister: Verskeie bedrywighede wou land tot stilstand bring

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê daar was verskeie oproepe om bedrywighede in die land tot stilstand te bring na vragmotorbestuurders se onlangse verset-optrede in KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Cele het gepraat tydens ‘n Justisie-, Misdaadvoorkoming- en Sekerheids-groepvoorligting oor verdere inligting oor die onrus van Julie verlede jaar. Cele sê die polisie kan nie ingryp in sake tussen werknemers en werkgewers nie, maar kan wel optree teen misdadigheid.