Wêreldbank loof ANC-regering se maatskaplike bystand

Suid-Afrika se stelsel van maatskaplike bystand is ‘n groot ingryping deur die regering om armoede onder die land se bevolking te verlig. Dít is luidens die Wêreldbank se verslag oor Suid-Afrika se programme en stelsels vir maatskaplike bystand. Die verslag beklemtoon die kritieke rol wat die stelsel van toelaes en maatskaplike bystand speel om armoede te verlig. Victoria Monchuk van die Wêreldbank sê nagenoeg een uit elke drie Suid-Afrikaners is ‘n regstreekse begunstigde van ‘n maatskaplike toelaag: