Wêreld Radiografiedag vandag gevier

Vandag is Wêreld Radiografie-dag – die dag waarop die ontdekking van X-strale op 8 November 1895 herdenk word. Die doel van die dag is om bewusmaking van radiografie te bevorder, asook die personeel wat in die veld werk en sodoende ‘n kritiese rol speel in die diagnose en behandeling van pasiënte. Radiografiste het tydens die Covid-pandemie onverpoosd gewerk. Twanett Snyders, ’n radiografis van Medical Imaging Namibia gesels met Kosmos 94.1 Nuus.