Wêreld-leeudag herdenk terwyl spesie onder erge druk is

Wêreld-leeudag word vandag wêreldwyd herdenk, ook in Namibië. Roofdiere is regoor die wêreld onder druk en so ook in Afrika. Daar word beraam dat daar ‘n skamele 24 000 leeus op die vasteland oor is van die etlike honderd duisende voor Europeërs aangekom het. Plaaslik is konflik met leeus ook ‘n probleem. Tammy Hoth, stigter van die Namibian Lion Trust Foundation het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…