Wêreld-habitatdag word herdenk

Die VN Habitat sê die toekoms van die aarde hang af van alle relevante belanghebbendes se samewerking om volhoubare, koolstofneutrale en inklusiewe stede en dorpe te skep. Vandag is Internasionale Wêreld-habitat-dag. Die tema vir vanjaar is versnelde optrede in stede vir ‘n koolstofvrye wêreld. ‘n Lid van die burgemeesterskomitee vir die Omgewing en Landboubestuur in Tshwane, Dana Wannenburg, sê mense moet ook nadink oor die basiese reg van almal om behoorlik gehuisves te word: