Wêreld Geen Tabakdag vandag gevier

Wêreld Geen Tabakdag word jaarliks op 31 Mei gevier. Tabak is die oorsaak van 8 miljoen sterftes per jaar. Die Kankervereniging van Namibië herdenk jaarliks saam met die res van die wêreld Wêreld Geen Tabakdag en moedig rokers aan om op te hou rook. Rook verhoog die risiko van onder meer kanker, hartsiektes, beroerte, longsiektes en diabetes. Vanjaar se tema is Beskerm die Omgewing. Professor Pamela Naidoo, uitvoerende hoof van die Hart- en Beroerte-stigting in Suid-Afrika…