Wenke om feestyd finansieel te oorleef

Dit is ‘n vreugdevolle tyd van die jaar, waarin mense geskenke uitruil, reis en hulself met een of twee duur aankope bederf. Net omdat dit feestyd is, beteken egter nie dat jy jou begroting moet ignoreer nie. Jy moet bewus bly van jou besteding en uitgawes om “Janu-Worry” te vermy, sê FNB Namibië se beleggingshoof, Erastus Tshatumbu. Hy raai mense aan om te verseker dat hulle finansieel op goeie voet deur die feestyd kom deur hierdie maklike wenke te volg.