Welwitschias en Richelieu Eagles seëvier

Twee Namibiese nasionale spanne het op internasionale bodem op die rugbyveld en plaaslik op die krieketveld geseëvier. Die Namibiese rugbyspan, die Welwitschias, het vir die eerste keer vir Kanada met 43-37 in Amsterdam geklop. Adriaan Ludick, Louis van der Westhuizen, Johan Deysel, Warren Ludwig, André van der Berg en Helarius Kisting het vir Namibië drieë gedruk. Die Namibiese krieketspan, die Richelieu Ealges, het Papoea-Nieu-Guinee met agt paaltjies gewen met nog 209 balle oor. Papua-Nieu-Guinee is tydens die eerste eendagtoets in Windhoek eerste ingestuur om te kolf en kon net 107 lopies in die 50 boulbeurte aanteken, waarna die Eagles lag-lag 108 lopies kon aanteken.