Welsynorganisasie wat moeders in Rehoboth bystaan kry goeie hulp

Rehoboth Mommies In Need is ‘n liefdadigheidsorganisasie in Rehoboth wat die lewens van baie mense beïnvloed. Die afgelope twee weke het hulle baie skenkings ontvang van verskillende mense, organisasies en ondernemings. Sedert hulle bestaan, word behoeftiges deur die organisasie bygestaan en hulle groei steeds groter. Vir hierdie organisasie om voort te gaan met sy goeie werk, word mense aangemoedig om skenkings te maak. Elodine Cloete, stigter en eienaar van Rehoboth Mommies In Need, sê Community Warriors het hulle die afgelope tyd baie bygestaan.