Wegholtrein onder beheer gebring by Ondangwa
Dit wil voorkom asof ‘n wegholtrein vanoggend by die stasie op Ondangwa redelik skade aangerig het. Volgens TransNamib het 14 leë waens ontspoor terwyl die lokomotief en ‘n paar ander waens op die spoor gebly het. Versperrings is opgerig en die trein is by Ondangwa gestop. Dit het blykbaar vanaf Oshivelo se rigting gekom. TransNamib se woordvoerder Abigail Raubenheimer.