Weet meer mense van balpeuterskandaal?

Krieket Australië se integriteitseenheid wil meer inligting oor die berugte Nuwelandse balpeuterskandaal bekom van die man in die middel van die petalje, Cameron Bancroft. Hy is op kamera betrap toe hy die bal met skuurpapier gevryf het tydens ‘n toets in 2018 teen Suid-Afrika in Kaapstad. Dit het gelei tot sy skorsing asook dié van sy kaptein en onderkaptein, Steve Smith en David Warner. Volgens internasionale sportberigte wil die eenheid by Bancroft weet of hy wil uitbrei op sy onlangse sinspeling dat meer mense van die komplot geweet het.