Weet jy waar Nazeem Hozyene is?

Die Namibiese polisie se ondersoek-eenheid in die Hardapstreek doen ‘n beroep op die publiek om hulle te help soek na ‘n verdagte in verband met bedrog, Nazeem Hozyene. Nampol se nasionale woordvoerder, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, sê die verdagte is ‘n Namibiese man wat glo die klaer met 540 000 Namibiese dollar bedrieg het. Die verdagte het glo ‘n huis in 2013 aan die klaer verkoop, maar die oordrag het nooit plaasgevind nie. Volgens adjunk-offisier Ndinelao Hamukwaya van die Rehoboth-polisie, was die verdagte se laaste bekende adres in Swakopmund.