Weerstoestande gaan landbou-bydrae knel

Die organisasie sonder winsbejag, die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid sê landbou se bydrae tot die bruto nasionale produk gaan in 2023 weens weerstoestande afneem. Volgens die jongste vooruitskatting vir die landboubedryf in Suid-Afrika vir die eerskomende tien jaar sal die afname geraak word deur oormatige oorstromings, droogtes en hittegolwe. Die woordvoerder van die organisasie, Tracy Davids, sê die koste van energie, vragvervoer, voer en kunsmis het skerp gestyg en het naas inflasie ook ʼn uitwerking op die landbousektor gehad.