Weermag sit nie en doen niks nie – Kapofi

‘n Klagte deur ‘n lid van die publiek dat die Namibiese weermag niks doen nie terwyl stropery van wilde diere en hout voortduur, het wyd reaksie uitgelok. Nie net is die lid van die publiek nie reg nie, die Namibiese verdedigingsminister, Frans Kapofi sê hy of sy is dalk nie woonagtig in die land nie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.