Weermag ontplooi in SA

Die Suid-Afrikaanse weermag is in beide Gauteng en KwaZulu-Natal ontplooi om die geweld en plundering wat tans in die buurland plaasvind, te help hanteer. Die protes is net voor die naweek begin deur ondersteuners van oudpresident Jacob Zuma teen sy opsluiting. Dit het ontaard in geweld en plundering met verskeie inkoopsentrums wat ook aan die brand gesteek is. ‘n Polisiewoordvoerder, Mathapelo Peters, sê polisie en ander wetstoepassingsagentskappe is ook verskerp en daar is meer mannekrag ontplooi om die betogings te bekamp:

Intussen is ses mense vanoggend in Gauteng en KwaZulu-Natal dood en 219 in hegtenis geneem tydens betogings, terwyl die geweld ook na Gqeberha in die Oos-Kaap uitgebrei het.