Weerkenner sê oor koue, min reën tot November

Volgens die Windhoekse weerkantoor sal temperature in die Suide vandag aansienlik val. Temperature in Namibië is tans taamlik laag vir dié tyd van Augustus. Boere in die Suide word gewaarsku teen die koue en ryp. Suid-Afrikaanse weerkenner Kobus Botha, met sy langtermyn voorspelling.

Daar is ook nie volgens Botha se jongste voorspelling noemenswaardige reën wat in Namibië sal voorkom in die volgende drie maande tot November nie.