Weer talle leerders onder nuwe Covid-gevalle

Die Namibiese gesondheidsministerie het 116 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Outapi het 22, Okongo 19, Windhoek 16, Outjo 11 en Onandjokwe 8. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 2 317 aktiewe gevalle met 119 870 wat reeds herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal 125 610. Daar is 45 leerders, een student, agt onderwysers en drie gesondheidswerkers onder die nuwe bevestigde gevalle.