Watertoevoer na Whk vanaf Okh is onderbreek

Die water-toevoerlyn van NamWater wat water aan Windhoek vanaf Okahandja verskaf is stukkend. Kosmos 94.1 Nuus verneem dat die lyn gebreek het waar daar onlangs aan hom gewerk is en dit wil voorkom asof dit ‘n paar dae sal neem om die herstelwerk te voltooi. Die watervoorsiener se hoof uitvoerende beampte Abraham Nehemia is op die oomblik nie bereikbaar nie maar die woordvoerder Johannes Shighweda het onderneem om uit te vind oor die stand van sake en terug te skakel. Stad Windhoek se woordvoerder, Harold Akwenye dra ook nie kennis nie en het ook onderneem om terugvoering te gee. Stad Windhoek het ander bronne water wat benut kan word maar dit kan dalk tekorte veroorsaak.