Waterrekening – betaal dit asb as jy in staat is

Munisipaliteite in Namibië skuld NamWater miljoene Namibiese dollar, ook as gevolg van die regering se pleit om nie dienste aan inwoners af te sny nie weens die Covid-pandemie. Die minister van stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het ‘n beroep gedoen op diegene wat werk het om hul munisipale rekeninge te betaal.