Wateronderbrekings: Brakwater het reeds ooreenkoms met die Stad

Instandhoudingswerk op die pyplyn tussen Okahandja en Windhoek begin môre en duur vir twee dae. Inwoners van Windhoek word gemaan dat hulle spaarsamig met water moet werk maar, inwoners van Brakwater, wat direk van die lyn voorsien word, sal geen water hê nie. Bert Laaser, ‘n inwoner in die gebied, sê daar is ‘n ooreenkoms met die Stad dat hulle 48 uur se watervoorsiening moet hê.