Waterkrisisse in SA-dorpe moet aangespreek word

TLU SA doen ‘n beroep op die regering om dringend in te gryp by dorpe en stede in die land wat reeds watervoorsieningskrisisse ondervind. Die landbouliggaam sê die belangrikste bekommernis is waterbehandelingsaanlegte waarvan 64 persent in groot gevaar verkeer of krisisvlakke bereik het. Dit beteken gedeeltelik-behandelde of onbehandelde afvalwater beland in riviere en in die omgewing. Erika Helm van die TLU sê dit hou groot gevaar vir watergebruikers in want dit het ernstige gevolge vir mense se gesondheid, veral wat betref die uitbreking van cholera en chroniese diarree.