EU onderteken ooreenkoms oor KI

Amptenare van die Europese Unie het ‘n voorlopige ooreenkoms oor die wêreld se eerste omvattende wetgewing vir die regulering van die gebruik van kunsmatige intelligensie bereik. Na 36 uur se beraadslagings het onderhandelaars oor regulasies vir kunsmatige ingelligensie in stelsels soos ChatGPT en gesigsherkenning ooreengekom. Die Europese Parlement gaan vroeg volgende jaar oor die voorstelle vir wetgewing stem, maar enige wette sal nie voor minstens 2025 in werking tree nie. Amerika, die Verenigde Koninkryk en China haas hulle ook om hulle eie regulasies te publiseer.