Waterkonflik raak Afrika-landbou negatief

Die IHE Delft-instituut vir Wateropvoeding sê waterkonflik in Afrika-lande het ‘n negatiewe uitwerking op veiligheid en landbou, wat lei tot omgewings-uitdagings. ʼn Woordvoerder van die instituut, Susanne Schmeier, sê konflikte in Afrika, mededinging en kwynende natuurlike hulpbronne het ʼn baie negatiewe uitwerking op die gehalte van water. Die Pacific-instituut sê intussen die rol van water in landbou is ʼn beduidende bydraende faktor in die konflik aangesien landbou tot 70 persent van die vars water in Afrika verbruik.