Waterbronne in Windhoek is benard, inwoners luister nie
Die water situasie in Stad Windhoek lyk nie asof dit verbeter nie. Windhoekers bereik nie die weeklikse waterbesparing teikens nie en dit wek kommer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van die Stad Windhoek, Lydia Amutenya, wat die situasie uiteensit.
Kosmos het ook met Amutenya gepraat oor kommer oor tuin- en bou-rommel wat onwettig in en om die stad se woonbuurte gestort word. Amutenya sê dit kos die stad baie om op te ruim.