Waterbesparings noodsaaklik in Kaapstad

Die Direktoraat Water en Sanitasie van die Stad Kaapstad versoek alle Kapenaars om te alle tye water-wys op te tree, veral in die somer en gedurende verlengde tye van beurtkrag. Die stad het proaktief ʼn maksimum limiet van 850-miljoen liter per dag vasgestel vir die gesamentlike waterverbruik. Die waarnemende burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Siseko Mbandezi wys inwoners ook op beperkings ten opsigte van swembaddens, en die buitenshuise gebruik van water vir byvoorbeeld tuinmaak en motorwas.