Water, riooldienste en vullisverwydering styg met 5,2% in Julie

Volgens die Handelsbulletin vir Julie van die Namibiese Statistieke-agentskap het die jaarlikse persentasieverandering vir behuising, water, elektrisiteit en gas wat 28,4 persent van die verbruikersmandjie uitmaak, gedurende Julie met 1,8 persent toegeneem vergeleke met die 1,2 persent tydens dieselfde tydperk in 2021. Instandhouding en herstel van wonings het met  6,5 persent toegeneem, en watervoorsiening, riooldienste en vullisverwydering met 5,2 persent.