Water onwettig by Hammanskraal verkoop

Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, doen ‘n beroep op inwoners van Hammanskraal om mense aan te meld wat die stelsel misbruik deur water van tenkwaens te verkoop. President Cyril Ramaphosa het die gebied besoek waar hy inwoners meegedeel het dat dit 4 miljard Suid-Afrikaanse rand gaan kos om die waterkwessies in Hammanskraal op te los. Die dodetal na die cholera-uitbreking staan nou op 32 met 29 sterftes in Gauteng, twee in die Vrystaan, en een in Mpumalanga. Brink sê die munisipaliteit bestee sowat 400 miljoen rand per jaar om 88 watertenkwaens uit te kontrakteer: