Water is die belangrikste hulpbron in Namibië – Schlettwein

Die Namibiese landbouministerie het baie goeie vordering gemaak in die voorsiening van water aan gemeenskappe regoor die land. Die teiken is om water aan alle landsburgers te voorsien soos die minister, Calle Schlettwein, aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.