Wat van Namibiese kinderhuise en Covid? SOS gesels…

Kinderhuise in Namibië soos die SOS Kinderhuis het maatreëls in plek gestel om die verspreiding van die Covid-pandemie in hul kinderhuise te verminder. Volgens Severinus Sainga, SOS Kinderhuis se kommunikasiebeampte, isoleer hulle die huise waar sommige positiewe gevalle is om te voorkom dat die virus versprei. Besoeke van buite word ook bestuur en beheer. Sainga het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.