Wat sê jou horlosie, hoeveel treë het jy al vandag gestap?

Wat is beter… 10 000 treë of 30 minute se stap?

Om ten minste 10 000 treë per dag te kry, word lank reeds as die goue standaard vir oefening beskou. ’n Studie dui egter daarop dat die fokus op die tyd wat jy spandeer om te oefen in plaas van jou aantal treë net so doeltreffend kan wees vir gewigsverlies, langlewendheid en ’n verminderde risiko van hartsiektes.

Navorsers by Brigham and Women’s Hospital in Boston ind ie VSA het gekyk na data van vier jaar van byna 15 000 vroue ouer as 62.

Elke deelnemer het ‘n fiksheidspoorder gedra om aktiwiteitsvlakke te meet en is elke jaar gesondheidsvraelyste gegee om te voltooi.

Die span het bevind dat diegene wat 8 000 tot 8 500 treë per dag gedoen het, hul risiko van hartsiektes met 40 persent verminder het, in vergelyking met diegene wat ongeveer 3 000 daaglikse treë gedoen het.