Wat moet Namibië dan doen om gryslys vry te spring?

Die gryslys van die Internasionale Finansiële Taakmag is in die nuus en Namibië het tot einde Februarie om alles in plek te sit om dit te vermy. Die impak sal uiters sleg wees vir die land. Die Nasionale Vergadering het talle wetsontwerpe onder erge druk deurgevoer en daar is kritiek oor daardie tempo. Ander menings is dat daar op die verkeerde elemente gefokus is. Kosmos 94.1 Nuus het met die PDM se skaduminister van finansies Nico Smit gepraat oor of daar enigiets voorlê wanneer die parlement volgende week sy jaar begin.