Wat lê voor vir toerisme in ’24?

Die Covid-19-pandemie het die toerismebedryf in Namibië hard getref. Die bedryf is steeds op pad na herstel, volgens toerismeminister Pohamba Shifeta, wat met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het oor die jaar wat voorlê. Die gasvryheidsbedryf in Namibië het verlede jaar veerkragtigheid getoon en ‘n bestendige nasionale besettingsyfer van 65,5 persent gehandhaaf. Namibia Wildlife Resorts sê hulle het amper 6 persent meer besoekers gehad oor die feesseisoen, maar die besettingskoers was steeds ‘n lae 39,69 persent.