Apartheidsmoord in KZN-hof

Vier mans wat aangekla word van gruweldade gedurende die apartheid-era verskyn môre in die Landdroshof op Pongola in KwaZulu-Natal. Die Nasionale Vervolgingsgesag het Gerhardus Schoon, Paul Jacobus van Dyk, Frederick Pienaar, en Douw Gerbrandt Willemse verlede week aangekla van die ontvoering en moord op die politieke aktivis Jameson Mngomezulu in 1985. Die Waarheids- en Versoeningskommissie het vroeër nie amnestie aan hulle toegestaan nie en hulle staan nou terg. Die woordvoerder van die gesag, Natasha Ramkisson-Kara, sê kwessies ten opsigte van regsverteenwoordiging sal in die komende verrigtinge uitgestryk word: