Wat is sterre en waaruit bestaan hulle?

Meeste sterre bestaan uit ligte elemente wat in konstante kern-samesmelting is. Sterre kan verstaan word as groot en aaneenlopende kern-samesmelting/ruimte-ontploffings, wat hul ronde bolvorm behou weens die werking van hul eie swaartekrag, wat groot genoeg massa het om te verhoed dat hulle komponente oor die heelal versprei. Ons son is die beste voorbeeld van wat ‘n ster is. Die meeste sterre bestaan uit waterstof, helium en ander ligte chemiese elemente, wat deur swaartekrag aan enorme druk onderwerp word wat dan kern-samesmelting veroorsaak. Groot hoeveelhede energie en bestraling word vrygestel, en ook swaarder elemente word geskep, soos goud, platinum, uraan, en yster. Baie van die swaar elemente word gevorm in die kern van neutron-sterre en word soms vrygestel in die heelal as die sterre se kerns bots.