Wat help opleiding as daar nie poste is nie?

Reaksie word ontvang op berigte dat ongeveer 80 persent van Namibiërs wat werksaam is, se hoogste kwalifikasie matriek of minder is, terwyl net 20 persent ambagsopleiding of ‘n tersiêre kwalifikasie het. Die arbeidskenner Herbert Jauch sê die oplossing tot werkloosheid lê nie alleenlik by opleiding nie… daar moet werk wees vir hulle om te doen.