Wasserfall-uitspraak op 16 Mei gelewer

Uitspraak in die moordsaak van Azaan Madisia en haar broer Steven Mulundu sal op 16 Mei deur regter Christie Liebenberg in die hoërhof gelewer word. Die twee, onderskeidelik 30 en 25 jaar oud, word van die moord van die 22-jarige Shannon Wasserfall op Walvisbaai in April 2020 aangekla. Die twee het onskuldig gepleit op klagte van moord en roof maar het skuldig gepleit op klagte van dwarsboming van die gereg met Madisia wat ook skuldig gepleit het op twee klagte van bedrog. Haar verweer is dat sy en Wasserfall fisies baklei het toe Wasserfall oor ‘n bed geval het en haar kop teen die muur gestamp het. Sy ontken dat sy en haar broer saamgesweer het om Wasserfall te vermoor.