Wasserfall-saak: Familie reageer op vonnis

Azaan Madisia is gevonnis tot agt jaar tronkstraf met twee jaar opgeskort terwyl haar broer Steven Mulundu ses jaar agter tralies gekry het waarvan twee opgeskort is. Die twee is skuldig bevind aan regsverydeling en Madisia ook aan bedrog, maar is vrygespreek op die moord van Shannon Wasserfall in 2020 in Walvisbaai. Regter Christie Liebenberg het in Mei bevind Wasserfall is dood as gevolg van ‘n fratsongeluk nadat sy deur Madisia gestamp is. Wasserfall se broer Dennis, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat, en sê die familie is tevrede en laat dit in die Here se hande.