Kospryse styg weer, so lyk hulle in Mei

Voedselinflasie het volgens die Namibiese Statistieke-agentskap met 12,5 persent in Mei gestyg en het die grootste bydrae gemaak aan die algehele inflasie van 6,3 persent wat vir die maand aangeteken is. Vrugte is op met 22,1 persent terwyl groente met 18,5 persent gestyg het. Brood en grane is 17,7 persent duurder, terwyl suiker en suikerprodukte 10,1 persent op is. Suiwel en eiers is 10 persent duurder met vleis wat gestyg het met 9,6 persent. Jy betaal 8,5 persent meer vir koffie en tee en 7,9 persent meer vir nie-alkoholiese drankies. Olies en vette, wat die afgelope tyd skerp gestyg het is op met 0,3 persent.